11/07/25

Musiekklas

jou klein rakker

jy maak die heks

in my wakker

ek gryp jou voetjies vas

tol jou rond

skiet jou deur die venster

jy land op die grond

gou vlieg jy terug

stormend deur die lug

ek hou jou vas

klap jou met ‘n kwas

want vandag sal ek jou leer

om nie met meneer Beethoven

of papa Haydn die gek te skeer

van Vivaldi se weeskind-orkes, liewe land

en Bach se gelag oor sy seunsskool moles

ek sit ‘n voëlfluitjie in jou growwe hand

gaan vul dit met water klein seuntjie

en blaas verdomp jou eie deuntjie



https://blenderartists.org/t/naughty-boy


Klasmusiek graad 3


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Nogal die klasmusiekies baie geniet. Die rugbyboelies, onmusikaal en rumoerig

en goor, was maar 'n pyn by die Afrikaanse skole soos dit mos maar gaan

in daai plekke, maar gelukkig kon ek daar uitgeboender word en

was baie goed af by Engelse Privaatskole. O, by daai een het hulle net

sokker gespeel. Gholf en hokkie. Swem en musiek.


Daarna moes ek au pair-werk doen, maar ek het nie eintlik geweet wat om te doen nie, so toe verf ek maar my toonnaels en spog met my mooi voetens op Facebookskie. Dit was al in 2015.


Seker als my eie skuld — die verliese van werke en karre — wel vir my gevoel soos geen vrye wil in dié verband nie.


Die stoute goor knapie het toe wel op die plastiek-voëlfluitjie vol water geblaas en toe lekker gelag vir die trillende klankies wat daar uitkom.


Hulle het wel vir ou Joseph Haydn papa genoem. Hy was aangenaam en het sy orkeslede goed behandel en hulle was lief vir hom daar aan die hof van Esterhazy

in Hongarye.


Toe was dit nog die Austro Hungarian Empire.


Laat in sy lewe was hy Engeland toe en was baie gelukkig daar ook. Hy het goed vir homself gesorg oor die jare in diens en kon aftree met 'n ruim pensioen en 'n gerieflike huis in Wene.


Sy musiek is mooi en vrolik, maar mens kan soms hoor dit was elke week 'n nuwe komposisie soos van hom verwag en daarom herhalend. O ek het 'n deeltjie verwerk en van e mineur na G majeur gemoduleer.


O. Hier. (Nou sien ek weer kans vir my werkens, nou dat ek weer uitgerus voel ná my maand van 'n denkbeeldige vakansie by Lodge Afrique, nadat ek uitgebrand het van my nagtelike skryfmaratonne.)


Ek wonder of my plasings ooit regtig op die Internet is en nie net konsepte of dan weergawes van weergawes nie. Ek bestaan nog. Dit is beslis so.


Improvisation on Haydn Piano Sonata in e Hob. XVI/34 (piano)


https://soundcloud.com/annora-eksteen-406055921/haydn-improv


Bach het wel by 'n seunskool gewerk. Nou kan ek al weer nie die storie mooi onthou nie, maar hy moes koshuisdiens doen terwyl hy saans sit en komponeer het

en het dan bemoerd die gange afgestorm as die seuns 'n kattemaai opgeskop het.


Hier speel ek so stukkie van die Gigue uit die Franse Suite. Dit is nommer 7 in die Suite. Die ander dele is die Sarabande, Gavotte. Minuet en so aan.


https://soundcloud.com/annora-eksteen-406055921/annora-playing-a-part-of-a-bach-gigue

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...