11/07/25

Nereïde Saffier

sy was toe ’n vreemde ster

’n moeilik begrypbare wese

ander vrae 

skrander kennis

en uitdagende terme 

was haar tesisse


druk haar neer op madeliefieblarepapier

eers verpulp en toe gestruktureer

gooi haar sinne deur die lug

hou aan met hoop dat sy jou

met haar vingers in verf sal doop


ek hoor haar liedere waar die oseaan hard breek

oor die rotse van die strand

deur die sproei van die nag

aan die donker waterkant


daar is ek haar woorde

soms verwond dan weer gesond

’n aand sug 

vol sagte naglug


weerlose waarheid

helder planeet sonder klaarheid

sing jou refrein

dat ’n klotsende golf

’n laatnag word

wanneer sy haar denke

in wonde laat uitstort


haar grond

uit haar mond




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...