11/07/25

Oggendgesprek

as ek maar weer eenkeer op die stoeptrap afgeskilfer 
met my oor teen die ou dubbeldeur kon sit 

aan die luister 

na my muse se klavier


nou lê ek soms wakker

dis koud en die bed is warm


dan begin ek met haar gesels

en die snaaksste is 

sy praat terug


ek draai my krul my op 

en in die vroegoggend lig 

voel ek haar hier by my 

in ‘n geliefkoosde gedig




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...