11/07/25

Op ‘n afgeleë strand

op die warm sand

lê ek en jy

die branders neurie

laat die bikini’s waai


die Kaapwind streel

so sag so loom

ek voel jou vingers

in ‘n sagte monotoon


ek draai op my maag

jou lippe neurie

‘n liedgedig

op my rug


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Ek't nou geen behoefte om op 'n strand in die briese vannie

seewind op my handdoek te lê nie. Ou Alisia het altyd

sulke verpiepte hondjies waarna ek 'n paar keer gekyk

het. My jinne. My al my dae gegee. Ek hou maar van honnekinners

wat iets om die lyf het in grootte en persoonlikheid.


Hier het ek gaan rus te Rustenburg in 2016 nadat die duiwelman my hoofbrekens gegee het met sy duiwelstreke, ai tog. Darem al oor dit ook gekom. Dink ek moet eerder aan interessanthede soos tale, grammatika, en daai reghoek met die goue ratio (verhouding) — dit is oulik en ek verstaan zat soos altyd. Sal maar moet oefen om my brein beter te gebruik as om aan simpel duiwelmans te dink. Reghoeke. Toe nou nie iets met die spiraal van die Nautillusskulp te doen nie?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...