11/07/25

Ou blou kabouter

sy huis was daar onder 'n geelhoutboom 

wit geverf met ‘n potblou dak 

‘n klavier en ook ‘n kaggelrak 


beelde gemaak met liefdeshande 

bietjie rof ja bietjie grof 

liefdeswense onder stof 


sy kom elke oggend vroeg verby 

met dou wat onder haar voete gly 

sy kosmosblom sy trollevrou 

sy bring vir hom rooi kersiesop 

en sing vir hom liedjies uit haar kop 


sing dan geel kanarie

geel kanarie in jou goue hok 

klink dan klink haar herinneringe 

haar herinneringe aan jou

haar silwer klok


🦋

© Annora Eksteen, 2006


My vriendin van lank terug, ou Kindra, kon nie verstaan hoe die kanarie herinneringe aan haar silwer klok kan hê nie. Dalk ook 'n silwer spieëltjie.


Maar dan word die kanarie die alomteenwoordige wat alles sien en hoor en alles weet en onthou asof weerkaats in silwer en vasgelê in die kollektiewe geheue.


Kindra sê toe sy raak verveeld met my denkpaaie neergeskribbel, maar daar bestaan beslis geensins so iets soos swak stories nie. Lesers leer van kleins af om tussen die lyne te lees, hulle denkverbeelde te gebruik en om die storie verder in te kleur, te ontwikkel en diep lae te vind in als.


In Kalkbaai by Nagperd van Ouds se fave tavern innie Kaap.


Baie stories wat hy vertel het oor die standing stones wat hy aangetree het daar naby die slagvelde van Colloden. Party Afferkaners het die Skotse veraf herkomste. Soos die Berry-familie hier naby. Interessant het hy ook vertel hoe hulle daar rond getoer het en ander Berries gevind het. Dit was vir hom 'n blydskap: sy Berry-familie daar. Die Bessies van Bessiesfontein.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...