11/07/25

Ou vals klavier in die voorhuis

daar’s ‘n afdraaipad na Okombuka

na oom Japie en tant Frieda

die ou Duitswes plaashuis

en die vals klavier in die voorhuis


die son skyn oor 'n skoubeker

dis Julie 1978 en dis koud

ek is in standerd tien

my hare hang  in slierte 

my los rok is te groot

my bruin skoene ingeloop

en ek sit op die lendelam klavierstoel

voor die ou vals klavier in die voorhuis


my note weerklink deur die gang

tot in die koolstoofkombuis

van die rustige outydse huis


die Brahmane en Karakoele loer deur die vensters

snuffel ruik, lek my nat en buite kyk die Damaras op 

en hou die klanke dop

wat verskyn en verdwyn 

in die laatmiddag Suidwes winterson


Okombuka, Julie 1978


🦋

© Annora Eksteen, 2006


My foto's van die Wes is nou als skoonveld weg en die laaste van die ou garde het nou uitgesterf.

Die winde van eensaamheid en sand het oor al die plase gewaai, dit in murasies verander

en van ver blêr 'n mofskaap.


Dis al.


Stay calm and in control.

The ghosts of the past

are no more.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...