11/07/25

Oupa Vrot

al sou jou gees

nog oor die blougroen waters 

van die aarde sweef

vir jou sal ek nooit vergeef

vir die tyd toe ons

net kinders was

 

vir my ouma se hartseer

my pa se bitter verdriet

my sussie se gebreekte oë

en vir van die skade

in my lyf, die letsels

van geweldige wandade

 

jy met jou opgefokte kinderdae

in ’n bywonershuis in die Volksrustdistrik

toe jou gek pa julle geneuk het

met sy alewige sweep, dis net

dat dit nogtans geen verskoning was 

dat jy jou so moes wangedra nie

 

ek dink min aan jou

jy is morsig dood 

jy is in 1977 al in jou graf

tog sal ek altyd onthou

dat dit nie ons skuld was


die tyd toe ons

net kinders was


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Swellendam, 2017 toe ek nog met my

kar die Kaap bietjie bery het.

Lekker om nie meer in die minste aan

die ou misdadigers en ander flying monkeys

leute eers te dink nie.

Mind over matter beteken om my denke

op beter en interessanter, vredevolle en

interessante gedagtes te rig.


Tredici: Bekende restaurant/bakkery aan die bopunt van die dorp.

Ek het geroosterde toebroodjies en chips daar genuttig op pad 
















Menschen, Personen, Leute, Volk, Bevölkerung

Laat ek maar mense in stories vind.

Als anders het meestal weggeval. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...