11/07/25

Pastelfeetjie

sy fladder deur my lewe

en tokkel op my hartsnare


sy bring vir my pienk nektarsap

en bosbessies op herfsblare


sy kruip in my hart

en leer vir my woorde


nou sing ek saam

op winterwoud

akkoorde


🦋

© Annora Eksteen, 2006


The lesbian feetjies is nogal eienaardige outjies. Nie dat ek enige ken nie. Maar wel laf en vol grappe so tussendeur. Sekerlik. Dink ek.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...