daar’s so een ou koffiewinkel
met tydskrifte en boeke
wat op tafeltjies rondlê
‘n vrou met ‘n los rok en poniestert
bring koffie in ‘n kan
sonner om ‘n woord te sê
mors so bietjie in 'n piering
skuif ‘n bougainvilleatakkie
skeef op die vensterbank
teken haar naam op ‘n servet
kyk op kyk om los hom
hy drink sy koffie
tik sy sigaret
maak oop sy laptop
Louis vannie long drop
bedig sy oggendgebed
.jpg)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.