11/07/25

Verby

daar was ‘n oorlog
slaggereed was hulle kreet

‘n plasie groen en koel 

maar sonder ‘n blou waterpoel


‘n vaatjie 

wat in duie gestort het


toe 


twee oop hande en ‘n wit duif

mense met hartseer gesigte 

wat baie sag praat 

vlugtelinge uit Zimbabwe


ek loop uit in die koel oggendstraat

mascara wat oor my wange vloei


asseblief

laat my hart

ophou bloei


.

Die onse kinders se kleiner tye — en nou is hulle groot en mens hou maar die paar kiekies. Iewers. Dit was oor die Kings Christain School en daar was Zim mense wat hulle plase en huise moes agterlaat. Kan nie onthou waar die vaatjie was nie.

Die laer-en hoërskool hier — die Afrikaners is mos altyd bedreig en moet

gereed wees om te veg vir weet nie meer mooi wat nie. Die taal. Die als. Ens.

Is maar so dat mens moet sterk word om die lewe deur te gaan en nie toe te laat dat dinge jou onderkry nie.

Nou is ek outerig al en wil baie foto's laat gaan. So baie bagasie nog.

Let go. And let it ride. Or blow away or on.


Wat verby is is verby.




















































.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...