15/07/25

Vernuwe

skugter was sy soos 'n kind
en huiwerig oor die verlede 

wat ons so ver terug verbind

verhale wat ek onthou

oor 'n plattelandse vrou

en herinneringe wat ek

van haar weg wou hou


tevergeefs het ek probeer

om my verlede weg te keer

en swygsaam later voortgegaan


maar vir my het sy liefde 

suiwer soos water gestuur

af met die silwersoet rivier


ek kon oor haar lyf verdwaal

haar jong ligaam myne maak

soen en seker wees 

sy het my van die warboel in myself 

losgemaak


rein en naak, ewig en vol met kremetartboombloeisels

en worsboomblomme is ek in die hitte aangeraak

gestreel met sonsomerwoorde in 'n onweerstaanbare taal

en toe het ek haar daar gelaat gelos laat gaan


ons het verwelk

kompos larwes 

vernuwe 

en weer gegroei




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...