skugter was sy soos 'n kind
en huiwerig oor die verlede
wat ons so ver terug verbind
verhale wat ek onthou
oor 'n plattelandse vrou
en herinneringe wat ek
van haar weg wou hou
tevergeefs het ek probeer
om my verlede weg te keer
en swygsaam later voortgegaan
maar vir my het sy liefde
suiwer soos water gestuur
af met die silwersoet rivier
ek kon oor haar lyf verdwaal
haar jong ligaam myne maak
soen en seker wees
sy het my van die warboel in myself
losgemaak
rein en naak, ewig en vol met kremetartboombloeisels
en worsboomblomme is ek in die hitte aangeraak
gestreel met sonsomerwoorde in 'n onweerstaanbare taal
en toe het ek haar daar gelaat gelos laat gaan
ons het verwelk
kompos larwes
vernuwe
en weer gegroei

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.