15/07/25

Vrouedag twintig-agt

die son skyn op Namakwalandse madeliefies

‘n oranjeborsie hop-hop in die tuin

ek luister na die kleine mis wat Rossini geskryf het 

effe tong innie kies, hy was ‘n sekulêre ou

toe hy al oud was — hierdie komposisie met 

glo gewaagd vir daai tyd: vrouesangers 

waarvoor hy nie toestemming kon kry

om te sing in die kerk nie


ek vind dit eienaardig

opera walsritmes vir kerklik as kuns 

twee klaviere en ‘n harmonium en glo

in daai tyd was dit ‘n half-sekulêre ervaring


maar vir my, vir baie, toe en nou

veral ‘n juweel van uitsonderlike prag


en op hierdie vroue(x)dag, tweeduisend-en

ag, is ek weer eens geïnspireer deur

dié man … hy kon mooi komponeer

in hierdie sy laaste groot werk

dertig jaar ná sy laaste opera


en ek luister nog ‘n keer na sy 1863

Petite messe solennelle

en ek dink al weer, ag hel

musiek is kuns en kuns is skryf

en kuns is


Kuns




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...