15/07/25

Vrugbare aarde

om jou te soek grawe ek diep in die hooimied

maar buite onder die venster

blom jou viooltjies perspragtig in die sonskyn

en aarbeie rooisappig 

vind ek in die strooi


rank voort my lewe se hartseer

plant voort my lewe se mooi


ek alleen 

is na jou aarde genooi




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...