14/07/25

Walentin en die bekoorlike Natalia

die woeste ritmes en wilde melodieë

van die ou Russe 

Rimski-Korsakov, Strawinsky, Glazunov
vat my my weg van my eensame bestaan

vervul my met liefde en passie 

bedwelm my met ekstase  

vir jou


en ek word die bekoorlike Natalia Nawarikowa 

wat die Russiese handelsman Walentin Wolodin  

op die Nowoplanivskyi-brug ontmoet 

vir ’n wilde 19de eeuse nag 

saam met Oekraïense Roma-mense


.

in die restaurant Berg van die Maan

kyk jy my oor jou brille aan 


jy sê


maar ek wil dit duidelik maak, ek hou nie van 

sekuriteitslandgoedere op enige manier nie

en nog minder van gholf-buiteklubs


ek sit en luister na jou lieflike stem

betowerend bekoor wil ek nog en nog hoor


jy sê


ek het vir ons ’n boek gekoop vandag


en laat die nag lees jy vir my

in ons bed met die bont dons duvet


ek sien die ruim vervalle wonings van Turgenev

die Siberiese yspaleis van dokter Zhivago

en die 19de eeu in Oekraïne


ek hoor jou stem en ek word weer 

die bekoorlike Natalia Nawarikowa

wat sleeslapend oor die sneeu gly  

saam met die Russiese handelsman

Walentin Wolodin

op pad na ‘n uitspattige dinee

in die kolossale Kamianets-Podilskyi-kasteel


jy lees


'sy het afgekyk na die starende gesigte

om haar lied te begin

voëltjies het in hulle goue koue begin tjirp

toe het sy lank stilgebly en gesê

my lied is gesing'


.

ek sien jou plaas hoog in die Sederberge

ek sien veld en plaaspaaie

vol sagswaaiende draaie

wilde gras en ‘n ligte wind

‘n plaasseuntjie wat wip

op ‘n wollerige donkie 


ek sien waar ek nou woon 

op Maanreënfontein

saam met jou, my sweiser van sprokies in staal

my liewe dierbare Samuelle 

en so het ons altyd saam 

gelukkig gebly


.

Nou het ek nie eers meer 'n begeerte om terug te gaan Nieu-Bethesda toe nie.

Dinge het verval. By my. Ek het begin oud word. My emosies het afgestomp geraak.

Wat verby is is verby. Ek wil net die skoon en praktiese hier om my in my klein kamer dat ek net my doegjies maklik in die hande kan kry altyd, vir in geval ek blind word en ook maklik kan skoonmaak. Ek sien uit dat die plekkie geverf gaan word.









.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...