14/07/25

Wandeling die wye veld in

ek trek vandag ’n ou rok aan

’n seksie broekie en ’n blou bra

ek dog by myself: laat ek ophou kla

daar's die wind daar's die wolke

die kosmosblomme wat wieg in die lug


daar’s die lang gras en bo draai die kraaie in vlug

die vinke in palmiete daar tussen die vlei se riete

en die groot huis tussen die bloekombome


ek trek vandag ’n ou rok aan 

en stap die wydse velde in

ek weet nou waar het als begin

ek weet nou waar kom ek vandaan


sal ons onsself

tog eindelik

verstaan




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...