29/08/25

Ai, so ou rookvis

dig by my lyf 

lê die bloumakriel


hy spartel en ruk 

in ‘n lekker verniel


keer hom om 

met sy pens innie son


en slypie lem 

teenie rookvisdrom


hoe lekker sal hy rook 

oorie splinterplankvuur


hoe lekker sal ons smul 

annie bloumakriel


ǃnona haka stap 

onse Namas hier


ǃnona haka al 

ommie plankvuur


hoe lekker sal ons dans

die Namalandriel


hoe lekker roek ons soe 

‘n bloumakriel


🦋

© Annora Eksteen, 2025


ROOKVIS is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...