en luierig grond toe swerf
teen hierdie rosig oranje geel en rooi
die optog met sy trippelpas
sy singende snare
sy warrelende gebare
verwelkom ek terug my bondgenoot
my huppelmaat
my lekker ou
Karnavalstraat
🦋
© Annora Eksteen, 2025
KARNAVALSTRAAT is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.