29/08/25

Op ‘n Kaapse hawe

kom staan hier by my

in die boegspriet se wind

en kyk hoe die jag

sy seile oopsprei


kyk verder en sien

hoe hy liggies voortwieg

en ‘n skuimspoor oor

die oop water sny


‘n seilsloep wat klein

die ruimtes meet

en selfversekerd

op die seewaters gly


🦋

© Annora Eksteen, 2025


HAWE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...