een ding van dié nôi vannie baai
sy is fluks en sy is vlytig
in haar druifgroen rok weer vanmôre
wanneer sy woerts-warts rondwaai
want dis ‘n Woensdag sonner sôre
die groentemark loop oor van blomme
en haar stal staan gereed oppie kaai
🦋
© Annora Eksteen, 2025
DRAFSTAP MET MADELIEFIES is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.