ons sou weer kinders doop
waar die slymerige stele
van die waterhiasint
elke nag die kele van paddas
‘n modderlied laat kwaak
ons het saam vir twaalf maande
deur die Dodekanisos geswem
om nog ‘n keer
by elke klassieke bron uit te kom
van ‘n erfenis
uit Pergamon
waar die geel en goeie lig van die eerste dae
groen spruite vol lewe uit die grond laat groei
sou ons in die dagkrans uitkom
by ons eie soet waters
van Sewe Fonteine
🦋
© Annora Eksteen, 2025
SEWE FONTEINE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
"As you will learn later, the transformation of the stuff of my world into poetry, is a bit of a mystery to me, as I think it is for many poets.” John Haislip (1925–2011) (Literature and the Sea Conference, 1976)
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
My poësie-blog / My Poetry Blog
Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...
-
Annora Eksteen 30 Gedigte (2006) Die tyd toe ek verdwyn het Ek praat van ‘n tuin Ek praat van ‘n waterleliepoel Ek wag vir jou Ek wou dat sy...
-
ek kan velde met gras sien en rooi papawers wat waai in die wind Maar eintlik verlang ek na ons kinders. Volwasse en ontwikkeld en mooi. Dus...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.