24/08/25

Dodedans van die digter

al lank het ek gewag
ek was gereed in hierdie tyd
ek neem die eed
en niks weerhou my nie

uit die boek steek fyn stilette
op watte lê ek vas 
aan lang dun spelde
wat priemsuiwer prik

ek gooi geen brandoffers op die vuur nie
maar die vlamme gloei op in hierdie uur
om ballades te vier
by die denkende waters

van Sewe Fonteine

🦋
© Annora Eksteen, 2025

DODEDANS is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...