24/08/25

Vereensaming

die lang dae strek geelbruin uit oor die gras
wanneer verlange koud oor die velde lê

die ure breek langsaam deur die dae
van winters wat yswit in die bros ryp rus

die blêr van ’n honger skaap
trek treurskerp tussen gannabos en kanker
en sing van matelose weemoed

maar die jare se gelate laaste gang
bring tog salf vir die alleenwees
van die landlopende man
die ou 
met sy verflenterde 
leerboeketas

hy wat die sand van die Kalahari en die voor-Karoo
en die pietsbytende windjie van verganklikheid

vir oulaas
tot eenheid

probeer bind

🦋

© Annora Eksteen, 2025


VEREENSAMING is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...