24/08/25

Vasgevang teen die see

my Nooitgedachter veertien hande hoog
weet hoe hy oor ysterklippe skuur
’n klein maar vonkelende Arabier

as sy poot die hindernisse splyt
gaan lê hy in die diepste voeë
van sy klipperige herinnering

norserig begin hy wild te skyt

sy lyf is gesweet
wit bolle sing
sy nek ’n boog
as hy teen die ylblou lug 
opspring

oor die rondings van die klip
sou my ponie boontjieblou
oor die vol-Karoo swiep

maar nou, met ’n uitvlug na die Tuinroete
is my poon gevange in ’n kamp

met die bruising van die branders
wag my ryperd springloos, kliploos
maar gedweë
vasgevang

teen die see

🦋
© Annora Eksteen, 2025

VASGEVANG is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...