wat in die digte hardheid
van die aarde se klipkors rus
ek soek na ‘n skittersteen
toermalyn, agaat, jaspis of granaat
vind dag na dag dor ouklip
maar, af en toe, weer in Prieska
‘n tieroog-kwarts met ‘n syagtige glans
wat se kristallyn ek ligbrekend slyp
want die lig van die blou mantel
bly steeds stil geknip
uit die laatmiddaglug
as dit sag oor ‘n lyf vou
en soms teen ‘n skerp krans
wat afkyk na die Kaikos
daar waar Pergamon
sy grootste hoogtes bereik het
vind ek
gesplete bergkristal
dan word goudlig fyn deurgelaat
uit die patroon in die blou
vir die reisende manne
wat fluisterend praat
en sien waar hulle gaan
in die wetende nag
dit troos my in dae
al hoe onherbergsamer
want ek kyk hier
na die woorde in my hand
ek het geskryf
ons almal het neste gehad
ons los ons erfenisse
om op te bou
🦋
© Annora Eksteen, 2025
DIE DIEP GEOLOGIE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.