24/08/25

In hierdie landskap van ‘n landloper

die dae kom verby
en ruik aan my
en gooi my weg
vir later

die nagte lek my nat
my hare glad
en stoot my lig opsy
vir later

die jare bêre my
in ashope weg van die son
die winde raap my op
sekerlik vir later

seisoene gaan verby
ek word kleiner in die aarde
en ver van my
stadig gly
nat voëls
oor die water

ek ruik die stof
ek hoor die donder plof
maar ’n klip met ’n holte
bly weg

sekerlik
vir later

Louis Eksteen

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...