29/08/25

By die watergat

vinnig deur die riete Pieta
vinnig
glip ons na die gat
die plons-plons klippe
seekoeigat
met pietlapooi
die geelgatvlooi
vinnig
val die water
oor die biesieskwartsrivier
vinnig
glip ons deur die vore
in die blinkend môrereën
aits Fiskaal
en aitsa
Kardinaal
sing dit in die riete
vinnig
oor die klippe
oor die kwarts
met die water
vloei die nat verlange
vroeg in die môredou
vinnig
in die riete Mieta
is dit tatta vir my tatta
en vinniger as vergeet
word ons skadu’s
in die mis

🦋

© Annora Eksteen, 2025


BY DIE WATERGAT is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...