29/08/25

Nog hang ons stemme by Buffelsrivier

jonk, ‘n kind
die veld was myne
tamboekiegras, die rietkuil
die miere in my hand

nou is ek ouer
en vasgegrens
tussen muur en stoel
en stad

maar soms word ek weer
skromeloos kaal en klein

en plons met ‘n geelvis
blinkend in die water

🦋

© Annora Eksteen, 2025


NOG HANG ONS STEMME BY BUFFELSRIVIER is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...