klink my voeteval
ek stap tussen lamppale
oor die blinkgladde straat
ek stap vannag
presies om kwart oor drie
langs elke skadu klim ek op
en gly dan weer stadig af
ek stap en ek stap
en ek raak ‘n boomtop aan
ek sien die skadu’s in die laan
en gly dan van bo stadig af
ek kyk weer op
sien die hoendertjies in die maan
en seil langs elke môrestraal
van bo na onder af
ek stap vannag
presies om kwart oor drie
langs elke skadu klim ek op
en gly dan weer stadig af
hol word my voeteval
dit is baie laat
ek vlug met my skadu
oor die gladde teerstraat
🦋
© Annora Eksteen, 2025
EK STAP VANNAG is ‘n verwerking van STAPPENDE deur Louis Eksteen (1930–2001).
Die gedig is gepubliseer in die digbundel ‘N FLUIT IN DIE RIET deur Louis Eksteen, Nasionale Boekhandel, 1963
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.