29/08/25

Een aand in Villieria

dit was ná skemer, in ou Pretoria
die rante so pers het nag geword
die burgers tussen die berge
was al in hulle lakens aan’t rus

toe hy by sy lamp skryf 
skakel die ligte af
en sonder gebaar
sonder ‘n waarsku
is die kamer skielik swart

hy vroetel in sy laai
vat-vat ‘n vuurhoutjie vas
tas na ‘n kort vetkers
en in die geel-oranje flikkering
gaan die wêreld vir hom oop

digterwordend
was hy eens jonk
en hy sien verbaas
binne hom
skiet blomme saad

🦋

© Annora Eksteen, 2025


EEN AAND IN VILLIERIA is ‘n verwerking van KERSVERS  asook NAGSTRAAT deur Louis Eksteen (1930–2001).


Die gedigte is gepubliseer in die digbundels SKUILHOEK deur Louis Eksteen, Perskor, 1982 asook ‘N FLUIT IN DIE RIET deur Louis Eksteen, Nasionale Boekhandel, 1963.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...