25/08/25

By ‘n dinee in Johannesburg

ek reis deur verre lande
by ’n eetmaal in Newtown
met vispastei uit Malakka
en klapperrys van Djakarta

ratatouille vars van Franse velde
rooiwyn uit die donker kelders van die Paarl
en repies vleis wat biltongdroog
in die harde Namibson gehang het

ons gesels oor kampvuurvure
’n boom wat in die brand staan
staptogte deur die newels van die Laeveld
en ‘n leeujag langs ‘n vloeiende Letaba

ek sprei my vleuels oormoedig uit
terug na grou ou Magaliesberg

ek vlieg nou ver en sien die wilde koffie
in die swart roosterpanne van Driefontein
Elandsfontein, Klipfontein, Rietfontein

ons maaltyd word ’n samesyn
onder die goud van die donker nag
met die sterre van ou Johannesburg
wat weereens 

floreer

🦋
© Annora Eksteen, 2025

DINEE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).

© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...