25/08/25

Gister is verby, en bewaar

die stapels breekgoed staan
voor my op die wasbak

dis tyd om monnik te word
met ’n py wat net my oë ontbloot

groen lense wat in die wêreld sien
grys spieëls wat terugkaats wat gebeur

en só, oor eeue heen, hou ’n vergeelde perkament
’n vir die skryf gladgemaakte dierevel
wat die neerslag van die klooster
fossielhard ooplaat in hierdie denke terug

na ’n gister 
in oë bewaar

🦋
© Annora Eksteen, 2025

GISTER is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...