die jare krimp nou tussen my en jou
vanmiddag in hierdie ruisstil stad
ek dink aan die geurige lentes
van ons lewe se gesellige aande
in Villieria is die tuine pers petrea in September
in Lynnwood stort ’n waterval bloeisels in die wind
in Menlopark val die bloureën oor huismure
in Groenkloof jubel blomme in voorstedelike geluk
daar in Hatfield rammel die treine, peul die yl grys rook
sit bewoners as families en vriende om die vuur
skarrel gashere met vleis, sosaties en slaaie
tussen die kombuis en die tafel op die stoep
botstil staan die struike nou
rankrosies geel
digte pers petrea
trosse violet bloureën
pienkwit het die bloesems
van die sierkersiebome reeds geval
nasate van die tuine van al ons vriende
‘n donkerrooi roos
op elke gedenksteen
in Pretoria-Oos-begraafplaas
my vriendin
jou jare kon gelukkig bly
die getuienis van ’n verlede
hunkerend in vars lentes
met koel dae
vol blomme
In memoriam: Janet (1936–2022)
🦋
© Annora Eksteen, 2025
‘N BRIEF is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).
Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.
© Eksteen-gesin
"As you will learn later, the transformation of the stuff of my world into poetry, is a bit of a mystery to me, as I think it is for many poets.” John Haislip (1925–2011) (Literature and the Sea Conference, 1976)
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
My poësie-blog / My Poetry Blog
Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...
-
Annora Eksteen 30 Gedigte (2006) Die tyd toe ek verdwyn het Ek praat van ‘n tuin Ek praat van ‘n waterleliepoel Ek wag vir jou Ek wou dat sy...
-
ek kan velde met gras sien en rooi papawers wat waai in die wind Maar eintlik verlang ek na ons kinders. Volwasse en ontwikkeld en mooi. Dus...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.