wat neerdaal bo jou swart vlei wat my ontroer
gevul met bros bruin heuning
geskep uit verlatenheid in hierdie dae
van ontbering
jou lendene is wolskape wat die hange af wei
na die sterbelaaide stroom vol soetverdriet
vol ontmoetings in vergulde kennis
en herinnering
soos spelende bokkies dartel jou knieë
wanneer die somerlig op hulle skyn
die soutwater van die see bring wit golwe
in melkerige fyn sproeiskuim
jy is my dromende vriendin
gesus in die witruis
van jou liefdevolle oseaan
gevul met bros bruin heuning
geskep uit verlatenheid in hierdie dae
van ontbering
jou lendene is wolskape wat die hange af wei
na die sterbelaaide stroom vol soetverdriet
vol ontmoetings in vergulde kennis
en herinnering
soos spelende bokkies dartel jou knieë
wanneer die somerlig op hulle skyn
die soutwater van die see bring wit golwe
in melkerige fyn sproeiskuim
jy is my dromende vriendin
gesus in die witruis
van jou liefdevolle oseaan
🦋
© Annora Eksteen, 2025
SKILDERY is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).
Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.