versny tot vlugtige aroma
die bruin reuk van neutmuskaat
’n walm van kakiebos en tabak
lemoenbloeisels, freesias en frangipani
die bruin reuk van neutmuskaat
’n walm van kakiebos en tabak
lemoenbloeisels, freesias en frangipani
kaneel en ryp koring in jou hare
gedroog in die lig in 'n flessie
gedroog in die lig in 'n flessie
vol katjiepierings en jasmyn
hierdie mengeling van speserye en lenteblomme
liggies ingetap in dié alabasterkruik
skenk ek vir jou uit 'n antieke môre
sodat jy dit kan skink uit sy dun glastuit
wanneer jou oë onder wimpers vir my kyk
wek verlange beelde van verbygang in my op
hierdie mengeling van speserye en lenteblomme
liggies ingetap in dié alabasterkruik
skenk ek vir jou uit 'n antieke môre
sodat jy dit kan skink uit sy dun glastuit
wanneer jou oë onder wimpers vir my kyk
wek verlange beelde van verbygang in my op
als van die tyd en geure wil ek dan vir jou skryf
uit die bros vertedering van my lyf
bewaar dan hierdie alabastron
wat my altyd in middagskemers
bewaar dan hierdie alabastron
wat my altyd in middagskemers
na jou laat kom vir saamloop
in die koeltes se aromas
van 'n laatson
uit Pergamon
🦋
© Annora Eksteen, 2025
ALABASTRON is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).
Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.