25/08/25

By ‘n kongres in Durban

kruie en speserye
in hotelle by die see
vanaand dans ‘n duisend kokke
om die stomende potte mee

hoe vars die groente egter is
hoe ryp die kaas beleë
teen die tyd dat die kerries swaar
op my maag lê en rus
help teen die sooibrand
net ‘n spoelseltjie
swart tee

🦋

© Annora Eksteen, 2025


KONGRES is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...