29/08/25

Die perskies van Driefontein

so kap nou lekker die rooi stuk vleis

gooi dan geel borrie op die rys

ming die kropslaai met asyn

en skink weerie perskiewyn


want waar is tameletjie

en waar die perskie-oes

o nee, o nee, ta’ Lettie

bring bitter pampelmoes


o waar is Diena nou

en waar dan klein Magriet

en waar die bonnels duiwe

die vinke innie riet


plukkie perskies, die boom dra swaar vanjaar

pak weer ‘n kissie vol vir Daan

dra vir Beenbreek en vir Sara aan

en droogie anner weg


gooi die blink jukskei net by die pen verby

trekkie tou en vir Pietman oorie streep

skiet papgaatjie in sy bebliksemde keep


aai waar is misvloerdans

en waar konstienatrek

o nee, o nee, lang Sareltjie

lê witbeen by die hek


maar op allie boorde

pakkie luise dan nou wit

die perskies ennie pruime

het bitter by die pit


ennie plaaspad, o die plaaspad

lê maanhaar donkergat


lê maanhaar donkergat

tot duskant borrelsat


🦋

© Annora Eksteen, 2025


PERSKIES is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...