byt ‘n helpyn deur my hele brein
dit trek deur vel en murg en been en skeen
en hang in pers trosse van my skedelprieel
drink melkbosblaresap
hou die bene styf
gooi as op die water
drink alles mooi
sluk dit deeglik
voor die dag se strooi
nou stroom die bitterheid in my elke limfklier
dring in my diepste weefsels in
tot dit tot versadiging
deur my ingewande dryf
en weerhaakskeure breek
uit my wange, uit my blaaie
uit my ganse lyf
ek vat nou bloubessies
moer hulle pap
drink als stadig
vol pienk tonikum getap
toe eendag, op 'n Dinsdag, op 'n lentemôre
bly druppels van genesing deur my lyf spoel
vol pienk tonikum getap
toe eendag, op 'n Dinsdag, op 'n lentemôre
bly druppels van genesing deur my lyf spoel
my laaste trane vloei blink en skoon
toe skoon vreugde bloedrooi
in my hart kom woon
🦋
© Annora Eksteen, 2025
GENESING is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.