27/08/25

Skiet daai mamba in haar bek

op Bushie se plaas lê granietkoppe rooi
'n lewende kwetter voëls is tuis hier 
in Lekkerbreek verstrooi

hulle snater water toe
waar hulle in fonteinhout wetend gaan sit
in skadu’s van graniet, in
 bos, in boom

en tussen die rooi klip, die vaalgroen blaar
deur die los sand seil ’n blitsende weerlig
'n skitteroog! die Makoppa van die veld!

en wanneer jy onder kreupelbos rustig buk
skielik regop, trillend voor jou staan dié bliksem
innie hellerblou lug

skiet haar!
skiet haar in die keel voor sy pik!

skiet haar, skiet haar!
onder die swiepende tong!

skiet haar!
in die bek!

sy val

swaar, onwillig, log en grys
in die fyn grou stof 
van Lekkerbreek se rante

en ver die deinserige hitte op
roep die eggo van haar krag
oor die uitgestrekte Bosveldplase

en weg

🦋

© Annora Eksteen, 2025


SKIET DAAI MAMBA is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...