27/08/25

Die dogtertjies is ter ruste gelê

kromgewinde koringhalms
op Moorreesburg staan 
‘n groepie mense in die reën

hulle wag vir die getreë lyksbare
en die stoet se psalms en seën

die rede word nou kalm gehou
pronkertjies op wit kissies laat val

dan draai die bondeltjies mensies terug
moedertjies verstuif
word newelig


🦋

© Annora Eksteen, 2025


MOORREESBURG is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...