‘n motor rem hard en gly
'n mensie skiet oor die pad
haar koppie in 'n lamppaal vas
dan pyl die gille
dan pyl die gille
skerp deur die môrestraat
'n kind
sterwe
in onskuld
deur vensters
oop deure
in wanhoop en skok
oop deure
in wanhoop en skok
weerklink dit deur die blok
'n kind
sterwe
in onskuld
🦋
© Annora Eksteen, 2025
VERSTIL is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.