29/08/25

Ek weet dit: Ek is hier

hoe sweet ek in die vreemde son 

waaruit die groen aarde se wasem kom


ek gryp soms in my hand

die herfs van my veraf land


aartjie vaartjie waar is jy

opgedroog en weggery


wit ryp lê oor my doodskleed

se vriesvorms in die nag


komposhope lê en vrugbaar word

pampoenpitte steek daar oral uit


die bier lê skeef

sekondes spring los


die wafel verkrummel

in die Hollandse grag


is ek nog hier?

die muur die sonlig en die bier?


ek wil opspring in die lug

en wegraak in die wolke


🦋

© Annora Eksteen, 2025


EK IS HIER is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...