29/08/25

In die lae land

glad georden is die lewe hier

elke huisie het sy boerkool en sy bier

tussen elke gordyn sit ‘n Jan Vermeer

en elke kind word mooi geleer


hm


en in Jonkershoek klink koel die wyne

en almal groet mekaar

en gesels baie beskaafd

in die syne tussen die lyne


hm


maar iewers in ‘n Windhoekse garten

glip strale sonlig deur ‘n bier

en iewers tussen wilde bome

skitter ‘n sonkol op elke dier


aah


🦋

© Annora Eksteen, 2025


LAE LAND is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...