29/08/25

Velskoendraer Witbooi se karretjie

hier draf vier eseltjies vooruit


‘n swart bok met ‘n lang baard volg bedaard

agter ‘n trop verkleurde ooie aan


die tweewielwa se perde volg 

maar bly gedurig staan

om agtertoe te byt


en op die kis

twee stilstarende seuntjies 


koppies draai en kyk vir my

so ry hulle swygsaam haweloos 

verby


ek


wil so graag so rustig vry wees

en êrens nêrens bly


🦋

© Annora Eksteen, 2025


VELSKOENDRAER is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...