25/08/25

Goiingvaart

Dello, die appelrooiwangkêrel
Dello, het glo een of ander skip gebou


hy het uitgevaar die seë oor ver van sy land

in storms het hy sy skip op sy stewe laat dans


as die kalm waters soos ’n kykglas lê

die bou van die skip en die vaart gedenk


het hy met yl waterige ogies in ’n plooigesig

óp gekyk in die toiings van die seile


één ding was áltyd by hom


Dello, ou appelrooiwangkêrel

Ou Dello, JY


het dié skip gebou


🦋

© Annora Eksteen, 2025


GOIINGVAART is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...