29/08/25

Latenstyd van ‘n ou Springbok

oom Sors-die-leier

rus bra onseker

op donskussings

en sylakens


ook wanneer hy stap

foeter dit maar

met sy skeefgetrapte skoene


hy glo tog Piet

dowwe Faan se seun

praat ‘n waarheid

wat hy ook ken


smôrens leef hy nog die lewe

sawens is hy ‘n oubok en aan die bewe 


en hy lê daar en sien homself

‘n ou man wat so hinkepink


slytend klop sy kierie

klappend kraak sy knieë


dit voer hom saam in ‘n gekromde tyd

waar hy ook al hoe kleiner krimp


waar ook sy bene stomp geslyt

oor die sypaadjie hobbelend


hinkepink


🦋

© Annora Eksteen, 2025


NAGEDAGTE is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...