29/08/25

So blêrrie ystervark

jaag ek ‘ie stoute ystervark

onder ‘ie gat innie drade deur

sê oom Bobbie Losper tandwyserig

knik tersellertyd vir Mientjie

en stoot ’n stuk koek mond-in


ja, onner die jakkalsproef deur

maar ek’t ôk al alles wegvergeet


behalwe om te lieg, dink ant Mollie

sy liefling in haar fleur


sal Jorrie Koesee egter

tog nooit as te nimmer vergeet

hoe Betta ’n koffieboonpan kon laai

en die bakoond tot ’n ligrooi stook

solat ná die afkoel en die maal

moerkoffie op die rooster sing


ai, waarsie dae

mensig

waarsie dae


🦋

© Annora Eksteen, 2025


SO BLERRIE YSTERVARK is ‘n verwerking van een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001).


Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...