10/08/25

My fases van rou oor my skade

skok, ontkenning
huil in rousmart
woede

huil

diep hartseer vir jare
die groot verlies

ek het gedink ek sou nooit weer
ophou huil nie

verwerking, aanvaarding
saamleef met: hierdie diep hartseer
die Ou Vrou en Oupa Vrot
het my sekslewe amper
vernietig

.
die beter word
in berustende aanvaarding later
dit gaan goed nou
in dae van: minder onthou

oggende goed
laat middae en vroeg aande
nie lekker nie

die alleenheid
die ontsettende eensaamheid
nou al vir amper 16 jaar

maar die dae van: laat gaan
het al hoe meer geword

ek skep ‘n distansie
teen hierdie emosionele pyn
wat fisies en in aaklige nagdrome
so dikwels, vir soveel jare
kon manifesteer

ek kom weg daarvan om toe te laat
dat misdadigers my verder onderkry

wat kan mens van hulle leer verder?
niks nie

hulle sal dit net steeds ontken
of sê
“Ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie.”

hulle kan eerlik vir iemand anders sê
dat hulle jammer is en hulleself vergewe
en in vrede sterf, maar dit gebeur selde

so nee wat
mens leer om jou eie welstand te prioritiseer
mens leer in meditasie
om weer eens vrede te kry en dit alles

te laat gaan

🦋
© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...