daarin die kranse waar aasvoëls van vroeg reeds nes
om ver tot in die wildtuin en verder te aas
die wêreld skoon te laat
daar was die klein gehuggie Bokfontein
waar ’n jeug in die geheue nog lê
die jong klong wat ver buite sy geweste
die weg van ’n man met ’n meisie sou vat
dan saam vele ander weë sou bewandel
van bruisende Victoria tot heilige land
die ysvlaktes van Swede, die blommeryk van Kew
die groentetuine van Madeira, olé in ‘n arena in Madrid
en die pluk van pers viooltjies teen ‘n hang van Kilimanjaro
maar altyd terug in hierdie suider Afrika
na ons diere en planteryk sou hy huis toe keer
tuis in ‘n oordaad van heide en proteas, erikas en lelies
kalkoentjies, kelkiewyne, die bontrug skilpad
Disa uniflora en sewejaartjies
heuningbos, rooibos, boegoe en fynbos om die voete voel
op Bettiesbaai ‘n film skiet, op Onrus ‘n digter gaan sien
asook die kwesbare Hoëveld-grasvelde onder bewaring neem
ook daar waar hy grootgeword het duskant Hartebeespoort
die ruwe donker tonnel voor die brug
daar waar ons as kinders toestemming gekry het
as ons daardeur ry, om te SKREE!
dan gil ons kinderstemmetjies van ‘n kant af
dan gil ons kinderstemmetjies van ‘n kant af
in die donker tonnel af
en dit is waar ook oom Kristo grootgewod het
bewaar bewaar bewaar en sy plant inheems
onder sy geliefde volk se aandag gebring
elke skyfie self afgeneem
elke skyfie self afgeneem
en liefdevol betitel en rangskik
en ná ’n leeftyd van swerf en tuin en voëlgesang
sy dierbares vir oulaas teer te groet
vaarwel
die meetsnoere het vir hom
in lieflike plekke geval
.
ek stap op ‘n dag in 2017
in die Tygerberg-natuurreservaat
en weer waai die briese van die see
die fynbosbioom deur die lug
en weer is die varsheid ‘n inspirasie
vir nog ‘n liriek en nog ‘n gedig
ek gaan sit op ‘n eko-toilet en dink terug
aan vergane tye teen die lang Magaliesbergrif
ek drink groot slukke water op die velde
van hierdie land se ver verlate vlaktes
met die kreun van ossewaens
ek drink op gevalle helde
en op die grootsheid van die ontsaglike natuur
ek dink aan mense se soms ontsettende wreedheid
maar so dikwels soveel ander weer se goedheid
se dapperheid en diep ruim wonderlikheid
oorvloeiend in gaafheid
en omgee
ek drink koue witwyn
op hierdie wêreld
se uitgestrekte
en ná ’n leeftyd van swerf en tuin en voëlgesang
sy dierbares vir oulaas teer te groet
vaarwel
die meetsnoere het vir hom
in lieflike plekke geval
.
ek stap op ‘n dag in 2017
in die Tygerberg-natuurreservaat
en weer waai die briese van die see
die fynbosbioom deur die lug
en weer is die varsheid ‘n inspirasie
vir nog ‘n liriek en nog ‘n gedig
ek gaan sit op ‘n eko-toilet en dink terug
aan vergane tye teen die lang Magaliesbergrif
ek drink groot slukke water op die velde
van hierdie land se ver verlate vlaktes
met die kreun van ossewaens
ek drink op gevalle helde
en op die grootsheid van die ontsaglike natuur
ek dink aan mense se soms ontsettende wreedheid
maar so dikwels soveel ander weer se goedheid
se dapperheid en diep ruim wonderlikheid
oorvloeiend in gaafheid
en omgee
ek drink koue witwyn
op hierdie wêreld
se uitgestrekte
volheid
🦋
© Annora Eksteen, 2025
In memoriam
Professor Kristo Pienaar (1922–1996)
‘N HULDEBLYK VIR ‘N VELDBEWAARDER is ‘n verwerking van HERDENKING: een van die gedigte uit ERFENIS UIT PERGAMON deur Louis Eksteen (1930–2001). Hy het die gedig in 1982 geskryf vir oom Kristo se 6oste verjaardag.
Dit is ‘n ongepubliseerde digbundel en gevind ná sy afsterwe.
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.