as lang rafels gevlekte voëls in donker riffels opvlieg
dwaal deur die plaashek
af langs die okkerneutboom in die hoenderhok
af met die voetpad, weer in die veld
die grint, die gruis, die grond
oor die skoongeskropte agterplaas
om die wit huis met luike
om die wit huis met luike
en die diep wye stoep
dwaal weg na die stukkende plaveisel
die bruin muur dof geletter
dwaal weg na die stukkende plaveisel
die bruin muur dof geletter
dwaal na Driefontein se wit kwarts
en neste van donker bye, soet in die krans
dwaal onder die krakerige papierson
dwaal onder die krakerige papierson
dwaal deur die lang geel gras
dwaal na sandsteenwinterdae
dwaal na sandsteenwinterdae
af met die voetpad, weer in die veld
die grint, die gruis, die grond
van dierbaarheid op note
dwaal weg
na Driefontein
dwaal weg
na Driefontein
🦋
© Annora Eksteen, 2025
PLAASPAD is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).
© Eksteen-gesin
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.