29/08/25

Prent van ‘n bouval, op Driefontein

kwepervrank die oggend, in latterige bladgeel roesvlek skywe

in swaar reusevlermuisflap, moeisaam op die aartappelmuf

in die solder waar die dag bult in ingevalle goiinggate

die vrugtemot aan litterige takke uitgestrek stadig

‘n weg in sonlig vasgryp deur verlore leem

waar wortels ruig groei onder stukkende

fondamente waar vreetmiere knaag

aan die witskilfer vrot houthart 

van die bouval van 'n opstal


🦋

© Annora Eksteen, 2025


BOUVAL is ‘n verwerking van gedigte uit die digbundels ‘N FLUIT IN DIE RIET, Nasionale Boekhandel, 1963 en VERSE VAN ‘N LANDLOPER, Voortrekkerpers, 1969 asook SKUILHOEK, Perskor, 1982 deur Louis Eksteen (1930–2001).


© Eksteen-gesin

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...